Ons hou van

In die skoonheidstoor: Vyf nuwe oogskadu’s

Die SARIE-skoonheidspan kry byna daagliks nuwe produkte om te toets. Ons het besluit om elke Vrydag vir jou van die nuutste produkte wat in die stoor beland het te wys!

Dié week is dit die nuutste oogskadu’s. Ons is veral mal oor die metaalskakerings.

Almay Intense i-Color Shadow Softies (R59)

almay

 

Dié oogskadu’s het ’n supersagte tekstuur wat soos ‘n room-formule aanwend maar daarna ’n poeier-afwerking het. Daar is ses metaal- en ses matskakerings wat jy sommer met jou vingers kan aanwend. Boonop smeer dit byna glad nie!

Vanaf Februarie beskikbaar.

 

 

 

M.A.C Extra Dimension Eyeshadow (R225)

mac

 

Dié skoonheidshuis is bekend dat hulle baie helder kleure gebruik met pigmente wat sorg dat die skakerings tot hul reg kom wanneer jy dit dra. Ons is mal oor die sagte poeier-formule wat maklik oor jou ooglede gly.

 

 

 

 

 

Catrice Liquid Metal Eyeshadow (R60)

catrice

 

Rokerige oë wat met metaalskakerings geskep is, was groot nuus by vanjaar se Golden Globes en bekendes soos Reese Witherspoon, Jennifer Lawrence en Olivia Wilde het só op die rooi tapyt verskyn. Dié dat ons hou van Catrice se reeks skadu’s wat almal blink!

By Dis-Chem.

 

 

 

Calvin Klein CK One Powder Eyeshadow (R310)

ck

 

 

 

 

 

 

 

 

Jy kan twee voorkomste met een skakering skep. Wend dit net so aan vir ’n sagte voorkoms of voeg ’n bietjie water by vir sterker kleur.

Wet n Wild Color Icon Eyeshadow Trio (R65)

wetnwild

 

 

Elke skakering van dié palet is gemerk met die deel van jou oog waar dit aangewend moet word. Die skakerings is boonop ook so gekies dat dit by elke oogkleur pas!

By Clicks.