Ons hou van

Híér moet jy parfuum op jou lyf spuit om lank te hou

Elke vrou het haar eie ritueel wanneer dit kom by parfuum aanspuit. Sommige vroue spuit dit in die lug en stap daardeur. Ander spuit dit direk op hul vel, soos in die nek en aan hul polse. Maar daar is ’n beter plek om jou parfuum aan te spuit vir langdurige geur … En dis die laaste plek waaraan jy sal dink: jou maag!

Die meeste vroue kla dat hul parfuum nooit lank genoeg op hul vel hou nie, sê Diana Rankin, parfuumkenner en eienaar van die geur-boetiek Perfume Power in Somerset-Wes. En dikwels is jou vel se natuurlike chemiese samestelling die sondaar.

Date night means stilettos, an #ArdenRed lip, and a splash of #RedDoor.

A photo posted by Elizabeth Arden (@elizabetharden) on

Die chemiese samestelling van jou vel verskil en beïnvloed hoe ’n parfuum op jou vel ruik en hoe lank dit op jou vel hou. “Hoe suurder jou vel is, hoe vinniger sal jou parfuum verdwyn, terwyl ’n meer alkaliese veloppervlak die reukmolekules makliker vasvang,” sê Diana. Daarby kan humiditeit, hitte en lig, veral tydens die somer, maak dat jou geur vinniger verdwyn ná jy dit aangespuit het.

Maar wat is die oplossing?

Diana meen die heel beste plek om jou parfuum aan te spuit vir langdurige geur is op jou maag! “Jou maag is die perfekte plek vir parfuum omdat dit ’n groot oppervlak is wat heeltyd warm bly.” Die hitte help dat die reukmolekules voortdurend vrygestel word. En omdat die geur onder jou klere vasgevang word, verdamp dit nie onmiddelik nie, maar versprei dit eerder in jou klere in. Boonop is dit ekonomies, sê Diana. Net een spuitjie op jou maag is nodig vir ’n aanloklike aura. Ons gaan beslis dié nuttige wenk probeer!

Valentynsdag is om die draai …

Probeer een van dié verleidelike parfuums:    

Elizabeth Arden Red Door (R695 vir 100 ml EDT)

Note van rooi rose word vereenselwig met romanse en liefde in dié ou-gunsteling

Calvin Klein Deep Euphoria (R1 190 vir 50 ml EDP)

Die ster-bestanddeel in dié geur is die Black Magic-roos. Die unieke roos het ’n diep maroenkleur met dikker fluweelagtige blare en stel ’n soet geur vry

Agent Provocateur Fatale Intense (R995 vir 50 ml EDP)

Brandrissie in dié parfuum sorg vir ’n warm, speseryagtige geur. Beskikbaar by Dis-Chem

Estée Lauder Modern Muse Le Rouge Gloss (R1 125 vir 50 ml EDP)

Die ligte, soet geur van die kersiebloeisel en dié van die kersie self met sy effens suurder reuk word in dié parfuum ingespan.

 

Lees nou

Elma Smit-blog: Die plooi-oorlog

Hoe lank staan jy soggens voor jou grimeerspieël?