Ons hou van

DIY-Donderdag: Maak jou eie bederfprodukte vir badtyd

Jy kom tuis ná ’n lang dag by die werk en besluit om in die bad te ontspan, maar jy het nie enige lekker produkte om jouself mee te bederf nie! Gelukkig kan jy self iets maak met wat jy reeds in jou kaste het:

Heerlike bad-sout

Meng twee koppies Engelse sout (Epsom salt) met ’n paar druppels laventelolie in jou badwater vir ’n kalmerende bederf. Die Engelse sout laat jou effe sweet en help jou lyf só om van gifstowwe ontslae te raak, terwyl laventelolie jou help om te ontspan.

diy donderdag 6 feb

Geurige lyfskrop

Meng ’n kwart koppie suiker met ’n kwart koppie olyfolie vir ’n natuurlike lyfskrop wat dooie selle verwyder terwyl dit jou vel ’n voginspuiting gee. Voeg ’n essensiële olie of selfs ’n paar druppels vars lemoensap by om dit ’n lekker geur te gee!