FOTO Ulrich Knoblauch | 
MODEL Elise Lou @ Ice Models | HARE Mary Gouveia @ Supernova | GRIMERING Sylvie Hurford

FOTO Ulrich Knoblauch | MODEL Elise Lou @ Ice Models | HARE Mary Gouveia @ Supernova | GRIMERING Sylvie Hurford

Ons hou van

DIY-Skoonheid: Maak jou eie lyfbotter vir ’n sagte vel

As jy sukkel om die perfekte lyfroom uit te kies, probeer dié maklike resep vir ’n romerige lyfbotter:

Dié lyfroombotter bevat natuurlike bestanddele wat jou vel ’n welverdiende voginspuiting gee. Jy kan ook met geure eksperimenteer deur jou gunsteling- essensiële olies by te voeg. Dis selfs ’n oulike geskenk!

Kies só tussen ’n lyfvloeiroom, lyfroom en lyfbotter

Bestanddele (ons het al die bestanddele by Dis-Chem gevind):

1 koppie organiese galambotter

1/2 koppie soliede klapperolie

1/2 koppie amandelolie

20 druppels van jou gunsteling- essensiële olie

Skep die galambotter en klapperolie in ’n glasbak, plaas die bak in ’n pot met kokende water (die glasbak moenie aan die water raak nie) op die stoof en verhit dit so tot die bestanddele gesmelt het. Haal dit van die stoofplaat af en laat dit ’n paar minute afkoel voordat jy die amandelolie en essensiële olie inroer. Plaas die mengsel vir sowat 20 tot 30 minute in die vrieskas (dit moet gedeeltelik weer begin stol). Klits dan die mengsel met ’n handklitser totdat dit ’n botteragtige tekstuur het. Skep dit uit in ’n skoon lugdigte potjie – maklik!

Nóg skoonheid uit jou kombuiskas!

Geurkombinasies om te probeer:

  • Roosmaryn, kruisement en lemoen
  • Laventel, suurlemoen en lemoen
  • Kaneel (dié geur help om selluliet te beveg)
  • Vitamien E-olie

Bronne: www.rawmazing.com

Ons wys jou hoe om jou eie gesigbehandeling by die huis te doen