Ons hou van

DIY-Donderdag: Skoon én droë grimeerborsels in ’n japtrap

Omdat jy jou grimeerborsels elke dag op jou vel gebruik, kan dit vinnig vuil word. Dis daarom belangrik dat jy dit een keer ’n week was. Ons wys jou hoe om dit te was én vinnig te laat droog word.

Was jou grimeerborsels

Jy benodig:

• ’n Klein houer waarin jou grimeerborsels kan staan (soos ’n glas, koppie, beker of selfs ’n plastiekkoppie).

• Babasjampoe

• Warm water

Stap 1:

grimeerborsels was stap 1

 

 

 

 

 

 

Tap warm water in ’n klein houer waarin jy jou grimeerborsels kan was.

Stap 2:

grimeerborsels was stap 2

 

 

 

 

 

 

Gooi nou ’n paar druppels babasjampoe by die water.

Stap 3:

grimeerborsels was stap 3

 

 

 

 

 

 

Roer die mengsel met jou grimeerborsels en laat die borsel dan ’n paar sekondes in die water staan.

Stap 4:

grimeerborsels was stap 4

 

 

 

 

 

 

Spoel nou jou grimeerborsel met koue water af.

Stap 5:

grimeerborsels was stap 5

 

 

 

 

 

 

Gebruik jou hande om die grimeerborsel se hare in die regte vorm te druk.

Nou kan jy jou grimeerborsels laat droog word. Die beste manier om dit te doen, is om die borsels onderstebo te hang (byna soos jou wasgoed). Volg dié stappe om ’n ‘wasgoedlyn’ vir jou grimeerborsels te maak.

’n ‘Wasgoedlyn’ vir grimeerborsels

Jy benodig:

• ’n Draadhanger.

• Haarrekkies of rubberrekkies (dit werk makliker as die rekkies fyn is).

droograk 1

Stap 1:

droograk stap 1

Vou ’n rekkie rondom die onderste gedeelte van die draadhanger en trek die een punt van die rekkie deur die ander punt. Vou nou die twee punte na die agterkant van die hanger sodat dit ’n tipe lussie vorm.

 

 

Stap 2:

Herhaal die proses soos in Stap 1 beskryf totdat die lussie klein genoeg is om jou grimeerborsel styf te kan vashou.

Stap 3:

droograk stap  4

 

 

 

 

 

 

Trek die grimeerborsel nou deur die lussie sodat die borselhare na onder wys en die handvatsel in die rigting van die hanger se bokant staan.

Stap 4:

Herhaal Stappe 1 tot 3 totdat al jou grimeerborsels aan die hanger vasgemaak is.

Stap 5:

Hang die hanger nou op ’n plek waar daar lug deurbeweeg. Teen môre-oggend behoort jou grimeerborsels droog te wees sodat jy dit kan gebruik voordat jy werk toe gaan!

droograk stap 5