Ons hou van

DIY-Donderdag: Vlegsels by die huis

Vlegsels, veral Franse vlegsels, is een van dié seisoen se grootste tendense. Met The Hunger Games en Game of Thrones wat die afgelope twee jaar so gewild is, het dié styl al hoe meer aandag getrek! Ons wys jou hoe om drie interessante vlegsels te maak.

Die klassieke Franse vlegsel

frans

Stap 1:

frans stap 1

 

 

Deel die boonste kwart van jou hare in drie dele.

 

 

 

Stap 2:

Vou die regterkantse string bo-oor die middelste string en vou dan die linkerkantste string bo-oor die string wat nou in die middel hang.

Stap 3:

Neem ’n fyn stringetjie hare uit die res van jou hare (aan die regterkant) en voeg dit by die nuwe string wat aan die regterkant is en vou dit dan bo-oor die middelste string. Doen nou dieselfde met die string aan die linkerkant van jou kop.

Stap 4:

Herhaal stap 3 totdat al jou hare ingevleg is. Nou kan jy die drie stringe net gewoonweg verder vleg totdat al jou hare gevleg is en maak dit vas met ’n rekkie.

Die onderstebo Franse vlegsel

onderstebo

Dié vlegsel werk presies soos die klassieke Franse vlegsel, maar pleks dat jy die drie stringetjies bo-oor mekaar vou, vou jy dit van onder na bo (soos op die foto’s).

Die visgraat-vlegsel

visgraat

Stap 1:

visgraat stap 1

 

 

Deel al jou hare in twee dik seksies sodat jy ’n seksie hare aan die regterkant van jou kop het en een aan die linkerkant.

 

 

Stap 2:

Neem nou ’n fyn stringetjie hare aan die buitenste kant van die regterkantse seksie, vou dit oor hierdie seksie hare en dan onderin die linkerkanste seksie hare. Nou is dié stringetjie hare deel van die linkerkanste seksie.

Stap 3:

Herhaal stap 2 met die linkerkantste seksie hare.

Stap 4:

Herhaal die proses soos in stap 2 en 3 uiteengesit totdat al jou hare in die visgraat gevleg is. Onthou om die stringe styf te trek vir meer beheer oor die voorkoms. Onthou, dié vlegsel is moeilik om onder die knie te kry en verg baie oefening.