grimering silwer kristen stewart

FOTO: Twitter (@voguemagazine)

Ons hou van

Dramatiese hare en grimering by die Met Gala

Die jaarlikse Met Gala in New York, een van die hoogtepunte op die modekalender, is gisteraand by die Metropolitan-kunsmuseum in die stad gehou. Vanjaar se tema, “Manus x Machina: Fashion in an Age of Technology”, het gesorg vir interessante futuristiese uitrustings en dramatiese skoonheidsvoorkomste.

Hou jou slimfoon jou jonk en maer?

Het jy geweet?

Die Met Gala word jaarliks gehou as fondsinsameling vir die Metropolitan-kunsmuseum se kostuum-instituut-uitstalling. Daar word elke jaar ’n unieke tema vir dié uitstalling gekies en die genooide bekendes kies dan graag hul uitrustings en skoonheidsvoorkomste daarvolgens.

Hiér is tien van ons gunsteling-skoonheidsvoorkomste van die aand, asook die grootste grimeer-trends op die rooi tapyt.

Sexy rokerige oë

Beyoncé

Die sangeres lyk sexy en aanloklik met haar smaraggroen rokerige oogskadu.

 

Emma Roberts

Die aktrise se pers rokerige oë wys dat dié voorkoms nie net met swart oogskadu geskep hoef te word nie.

 

Hailee Steinfeld

Buiten haar rokerige oë spog die sangeres en aktrise ook met ’n ander rooitapyt-gunsteling van die aand – donkerrooi lippe.

 

Dramatiese donker lippe

Taylor Swift

Die sangeres het haar kenmerkende helderrooi lippe verruil ’n donkerder skakering.

 

Rachel McAdams

Ons is mal oor die donkerrooi skakering wat dié aktrise gedra het. Die kleur is donker en dramaties sonder dat dit té Goties lyk.

 

Metaal-aksente

Kristen Stewart

Die Twilight-aktrise se silwer oogskadu was treffend op die rooi tapyt.

 

Lily Aldridge

Die supermodel Lily Aldridge het haar wenkbroue goud gekleur vir die aand. Dit pas haar gelaat en haarkleur perfek en is ongewoon dog treffend.

 

Rita Ora

Die sangeres het haar uitrusting gekomplementeer met interessante metaal-tatoeëerpatrone in haar hare.

 

Haarstories

Lupita Nyong’o

Om te pas by die futuristiese tema het dié aktrise haar hare in ’n interessante toring-opstyl laat stileer.

 

Kate Bosworth

Die aktrise se blink haarbykomstighede laat haar byna soos ’n Middeleeuse prinses lyk. Haar geel oogskadu en baksteenrooi lippe gee haar voorkoms ’n moderne kinkel en pas goed by die aand se futuristiese tema.

 

20160429_VGB Tag

Lees ook!

Mode se skokke en gunstelinge op die Met Gala-rooitapyt