Ons hou van

Droom vir jouself & ander

Geïnspireer deur Tommy Hilfiger se parfuum Dreaming (R495 vir 50 ml EDP) het die span van SA Aramis and Designer Fragrances ’n veldtog begin om terug te gee aan plaaslike gemeenskappe en drome te  bewaarheid.

In 2007 het hulle met behulp van donasies ’n huis geskenk aan ’n vrou wie se seun dood is toe haar houthuis afgebrand het.

In 2008 het hulle saam met Carte Blanche bygedra tot die aankoop van toerusting vir die pediatriese  afdeling van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto. Verlede jaar het hierdie span die S.O.S. Children’s Village Home in Ennerdale, Johannesburg, aangeneem. Dié tehuis versorg  hawelose kinders.

Deel van hul veldtog “Dreaming the South African Dream” was onder meer om bewustheid te skep in die Menlyn-inkopiesentrum in Pretoria.

Mense is gevra om hul drome vir ons land neer te skryf en dit is op ’n kaart van Suid-Afrika geplak. Hierdie  drome is later  bymekaargemaak  en gaan in ’n koffietafelboek gepubliseer word om aan die regering te oorhandig.