Ons hou van

Eers opknapper, dán sjampoe – ja, jy lees reg!

Jy het dalk al die woorde ‘reverse hair washing’ (die omgekeerde haarwas-metode) êrens gehoor. Dié tegniek is nou weer gewild in die skoonheidswêreld.

Dit behels dat jy eers jou opknapper gebruik en daarna jou hare met sjampoe was. Produkte wat op jou kopvel en hare agterbly omdat jy die verkeerde sjampoe of opknapper gebruik, of dit nie ordentlik uitspoel nie, kan daartoe bydra dat jou hare plat lyk. Die omgekeerde haarwas-metode beloof daarom meer volume vir veral fyn, plat hare omdat jy enige oorblyfsel van die opknapper afwas. Jou hare is dus ligter en voller.

All eyes on @kristin_ess #bronde #mermaidhair So beautiful#lorealhair #hairobsession #longhair #mermaid #mermaids #brondehair

A photo posted by L’Oréal Paris Hair Official (@lorealhair) on

Maar maak dit werklik ’n verskil om jou hare andersom te was?

SARIE se skoonheidsredakteur, Charis van den Heever, het die metode al voorheen getoets. Dís wat sy te sê gehad het …

“My hare is altyd plat. Dit is ongelukkig een van die probleme met fyn, reguit hare. Die omgekeerde haarwas-metode het vir my sin gemaak. Die meeste opknappers wat ek al gebruik het, het te swaar vir my hare gevoel en dit was ook geneig om my hare vinnig olierig te laat lyk. Dit is hoekom ek my hare elke dag moet was. Ek het vir ’n week my hare ‘andersom’ gewas. Dit het definitief meer volume gehad én dit was nie nodig om dit daagliks te was nie. My hare het egter meer statiese elektrisiteit gehad.”

Die haarsorghuis TRESemmé het nou dié gier bekyk en produkte ontwikkel wat gegrond is op die omgekeerde haarwas-metode. Die nuwe TRESemmé Beauty-Full Volume-reeks het ’n spesiale opknapper wat ’n beskermende laag om jou hare vorm. Wanneer jy jou hare dan was nadat jy die opknapper aangewend het, word oortollige opknapper afgespoel, maar jou hare is steeds sag en glad.

Wenk: Buiten die omgekeerde haarwas-metode is die sleutel tot hare met woema om volume by jou haarwortels te skep. Belê daarom in ’n stileringsproduk wat spesifiek hiérvoor ontwikkel is en wend dit aan voor jy jou hare stileer.

Wat dink jý?

Sal jy jou hare andersom was?

  • Ja
  • Nee

 

Probeer dié produkte:

TRESemmé Beauty-Full Volume Reverse System Pre-Wash Conditioner en Shampoo (R97 elk)

Gebruik eers die spesiale opknapper wat ’n beskermende laag om jou hare vorm en was dit daarna uit met die sjampoe.

L’Oréal Paris Elvive Fibrology Thickness Creation Double Serum (R85)

Molekules in dié aanbly-behandeling verdik jou hare vanaf die binnekant sodat jou kroon voller lyk.

Marc Anthony Oil of Morocco Argan Oil Volumizing Mousse (R165). By Dis-Chem

Wend die stileringsmousse aan jou klam hare en stileer soos gewoonlik vir ekstra volume.

Lees nou

Koninklike toer: Charlotte te skattig

Dink jy daaraan om ‘n kuif te sny? Lees hiér!