store_entrance
Ons hou van

Eerste Kiehl’s-winkel maak sy deure oop

Kiehl’s is ‘n reeks haar-, vel-, en lyfsorgprodukte wat in 1851 in New York begin is. 

Die winkel lyk nes die eerste vlagskip tak wat in New York geopen is. Die rooi baksteenmure en houtvloere herinner aan die apteke van jare gelede, en ‘n Harley Davidson motorfiets (na aanleiding van die oorspronklike skeppers se liefde daarvoor) en ‘n Mr Bones (sien foto’s onder) is deel van dié winkel.

Suid-Afrika is die 42ste land ter wêreld waar ‘n Kiehl’s-winkel oopgemaak is. 
Mr Bones verwelkom klante aan die winkel Mr Bones, ‘n plastiek geraamte, is meer as 50 jaar gelede vir die eerste keer in die vlagskip-winkel in New York gebruik. Sedertdien is hy ‘n moet-hê vir elke Kiehl’s-winkel!
Kiehl's se reeks bestaan uit vel-, lyf-, en haarsorgprodukte Die Kiehl’s-reeks bestaan uit produkte vir jou hare, vel en lyf.
Die Harley Davidson wat 'n kenmerk van Kiehl's winkels geword het Die familie wat Kiehl’s begin het was mal oor sport, en om daardie rede is besluit om ‘n Harley Davidson in elke winkel te hê. 

* Vir meer inligting oor Kiehl’s produkte besoek www.kiehls.com