diane_bw_portrait_l_oreal_paris
Ons hou van

EKSKLUSIEF! Diane Kruger vertel wat skoonheid vir haar beteken

Wat beteken die reël, “Because I’m worth it”, vir jou?

Elke vrou het die reg om mooi te voel en gemaklik te wees in haar eie vel. Dié bekende slagspreuk beklemtoon dit.

Hoe is dit vir jou om ‘n L’Oréal-verteenwoordiger te wees?

L’Oréal het dit hul missie gemaak om vroue regoor die wêreld met hul produkte te verskaf sodat elke vrou, ongeag van haar ouderdom of velkleur, mooi kan voel. Dit beteken baie vir my om deel te wees van dié bevoorregte groep vroue wat die handelsmerk wêreldwyd verteenwoordig.

Hoe, in jou opinie, word ‘n vrou se lewe beïnvloed deur mooi te voel?

Ek glo dat vroue meer selfvertroue het deur hulself te versorg en mooi te voel. Dit is ‘n tradisie wat oorgedra word van ma’s na dogters. Dis deel van vrou-wees. 

Wat gee jóú selfvertroue?

Ek het selfvertroue wanneer ek vervuld voel. En om bekwaam te voel in my lewe en by die werk. L’Oréal is daar saam met my soos wat ek my pad stap, en maak seker dat ek goed lyk terwyl ek na my doelwitte strewe!