FOTO: Instagram @hokaytokay

Ons hou van

Ekstra sorg vir jou hande

Jou hande verklap jou ouderdom sonder dat jy dit agterkom, sê Karen Kohler, bestuurder van die produkreeks Vinolia. Alledaagse roetines soos om skottelgoed te was, in die tuin te werk of inkopies te doen kan jou hande verouder.

Hiér is vyf maklike wenke om jou hande jonk te hou:

  • Gebruik ’n bevogtigende handreiniger wanneer jy jou hande was.
  • Wend ’n nael-opknapper of -olie aan jou naels voordat jy gaan slaap om die vel om jou naels te versag en versterk.
  • Bevogtig jou hande elke keer ná jy jou hande gewas het.
  • Probeer gebruik altyd handeroom met ’n SBF om te voorkom dat jou hande verouderd lyk.
  • Skilfer jou hande een keer ’n week af om dooie velselle te verwyder. Jy kan selfs jou eie afskilferingsolie tuis maak deur ’n 1/4 teelepel elk van olyfolie en suiker saam te meng en in jou hande in te masseer. Die omega 3-olies in die olyfolie bied uitstekende bevogtiging, terwyl die suiker growwe gedeeltes afskilfer.

Ons toets: Handeroom van Greenland

Bederf jou hande met dié produkte:

1. Vinolia Hand Wash in French Lavender (R39)

2. IQ DermaQuench Age Control Hand Cream – Day SPF 6 (R30)

3. BioNike Defence B-Lucent Anti-macchie Skin-Evening Hand Cream SPF 20 (R100)

4. Guinot Longue Vie Mains Multi-Action Vital Hand Care (R340)

5. Filorga Hand-Filler Anti-ageing Mask for Hands and Nails (R550)

6. O.P.I Avoplex High-Intensity Hand and Nail Cream (R145 vir 50 ml)

Ons toets: Voet-behandeling