Untold
Ons hou van

Elizabeth Arden stel ’n nuwe geur bekend

In 1989 is Elizabeth Arden se parfuum Red Door bekend gestel. Nou het dié skoonheidshuis hul grootste parfuumbekendstelling in 24 jaar met die splinternuwe Elizabeth Arden Untold.

Elizabeth Arden Untold is ’n vroulike, sensuele parfuum met blomgeure. Die verskillende fasette wat die moderne vrou bekoorlik maak, was die inspirasie vir dié nuwe parfuum.

Clement Gavarry – die parfumeur agter geure soos Carolina Herrera Carolina, Armani Code en Sarah Jessica Parker Lovely – is ook die neus agter Untold se vars geure soos pienk peper, bergamot, peer, swartbessies, katjiepiering, jasmyn, patsjoelie, sandelhout, amber en muskus. Hier vertel hy wat hom geïnspireer het om Untold te skep.

UntoldUntold 

Onder die bekendes wat verlede week die bekendstelling van Untold by Randlords in Johannesburg bygewoon het was Annie Malan, Zuraida Jardine en Jacinda Louw. Zuraida was die seremoniemeester.

 

 
 
 

 

 

 

Die bekendstelling is op die boonste vloer van Randlords gehou en gaste het tot laataand partytjie gehou. Kyk net die ongelooflike uitsig oor die Nelson Mandela-brug in Johannesburg!

Untold UntoldGaste is bederf met hul eie bottel Untold waarop hul name gegraveer is.

UntoldDie interessante kurwe-vorm van die bottel simboliseer die vele fasette en veelsydige aard van die moderne vrou. Die bottel lyk anders vanuit elke hoek waarna jy dit bekyk.

UntoldSARIE se skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, was ook by die bekendstelling! Kyk net hoe mooi is haar spesiale bottel!

Elizabeth Arden Untold (R650 vir 50 ml EDP) is vanaf Oktober beskikbaar.

Kyk hier na die amptelike advertensie van dié parfuum.