Ons hou van

Emma Watson se Parys-avontuur

Die aktrise, bekend vir haar rol as Hermione Granger in die gewilde Harry Potter-reeks, verken die strate van Parys in die advertensie vir die Trésor Midnight Rose-parfuum. Dié nuwe geur is ’n vars, soet blommegeur met note soos roos, framboos, jasmyn en swartbessie

Sy sluit aan by ander gesigte van Lancôme soos Julia Roberts, Kate Winslet en Elettra Rossellini Wiedemann (die dogter van Isabella Rossellini, wat vir 14 jaar Lancôme se gesig was). 

*Kyk hier na die advertensie: