Ons hou van

Estée Lauder in Zambië

Dié skoonheidshuis het besluit om besoekers aan die Levy Junction-winkelsentrum in Lusaka met verskeie toonbanke en produkte in Edgars- en Foschini-takke te bederf. 

Die winkels kry elk ’n Clinique- en Estée Lauder-toonbank, en gaan Aramis-parfuums (Aramis Classic, Tommy Hilfiger, DKNY, Michael Kors en Sean John) en MAC-grimering aanhou.