Ons hou van

Estée Lauder-toonbank kry gesigontrimpeling

Daar is ‘n groot verskeidenheid produkte wat jy kan toets en koop by die nuwe Estée Lauder-toonbank in Edgars in Sandton City.
Jy kry nie net grimering by dié toonbank nie, Estée Lauder se velsorgprodukte versier ook die rakke.
Dié toonbank is die derde in sy soort in Europa en Afrika.
Soveel kleure en skakerings. Gelukkig is daar kundige konsultante om jou by te staan.
Kerry Evans, algemene bestuurder van Estée Lauder en Tom Ford, stel die konsultante voor. Hulle is daar om jou met enige navrae oor die produkte te help.
SARIE se skoonheidsassistent, Liesl du Toit, ná ‘n oormaaksessie deur een van die Estée Lauder-konsultante.