Ons hou van

Eties eerste

In 1985 het Clarins besef hulle kan nie aanhou om laekoste-produkte van onderontwikkelde lande te koop nie – veral nie as hulle die natuur wil ontwikkel en beskerm nie. Hulle het toe regverdige handel en verantwoordelike etiese beginsels geïmplementeer om seker te maak dat slegs omgewingsvriendelike prosedures gevolg word.

Clarins bied direkte ondersteuning aan plaaslike gemeenskappe (soos met die bou van skole) en verbeter
lewensomstandighede deur byvoorbeeld drinkwater te voorsien.

In Madagaskar, waar bestanddele soos katafraybas ontgin word, word die plantlewe gereeld ontleed, en oeste ondersteun meer as 2 500 families.

Danksy regverdige handel word 5% van alle inkomste weer in plaaslike gemeenskapsprojekte belê. Clarins HydraQuench Intensive Serum Bi- Phase (R535) bevat katafray, wat jou vel vog gee selfs in die droogste klimaatsomstandighede.