ines_de_le_fressange_nuwe_l_or_al_gesig
Ons hou van

Franse gesig vir Franse skoonheidshuis

Dié keer is die nuwe verteenwoordiger ‘n boorling van Frankryk, nes die skoonheidshuis self. Inès de la Fressange (52), die eerste Franse model wat internasionaal bekend was, weerspieël Franse sjiek en styl.

Sy het op 17 begin modelwerk doen en het gou op die loopplank verskyn vir ontwerpers soos Kenzo, Jean-Paul Gaultier en Christian Lacroix. Sy was ook jare lank Karl Lagerfeld se muse by Chanel.

As L’Oréal-woordvoerder sluit Inès aan by ‘n lys ander bekendes soos Beyoncé Knowles, Rachel Weisz, Gwen Stefani, Andie MacDowell en Gerard Butler.