Sandra Bullock FOTO Gallo Images/Getty Images

Sandra Bullock FOTO Gallo Images/Getty Images

Ons hou van

Gee jou haarstyl nuwe lewe – celebs wys jou hoe!

Ons het almal ’n gunsteling-haarstyl vir elke dag. Maar die meeste van ons wil ook af en toe iets nuuts probeer … ’n Vars haarsnit of dramatiese nuwe haarkleur is gelukkig nie ál maniere om nuwe lewe in jou kapsel te blaas nie. Daar’s ’n hele paar eenvoudige en moeitelose veranderinge wat onmiddellik jou voorkoms kan omtower. Kyk net hoe kry dié aktrises dit reg.

 

1. Stileer jou kort hare effens deurmekaar

Hier is die aktrise Sharon Stone se kort haarsnit netjies drooggeblaas …

Vir ’n meer gewaagde voorkoms het sy haar hare tekstuur gegee en haar kuif rofweg uit haar gesig gekam.

 

2. Kikker drooggeblaasde of gladgestrykte hare op met ’n haarbykomstigheid 

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, is lief daarvoor om met ’n gladde drooggeblaasde kapsel te spog …

Vir ’n moeitelose verandering het sy onlangs bloot ’n mooi haarband bygevoeg.

 

3. Kam jou krulle uit

As jy dikwels jou hare krul, soos die aktrise Alicia Vikander …

Kam jou krulle elke nou en dan liggies uit en wend ’n haarserum aan jou haarpunte vir ekstra glans. Dit skep ’n gemaklike “ek-het-so-wakker-geword”-voorkoms.

 

4. Probeer verskillende poniestert-hoogtes

’n Poniestert is vir baie ’n staatmakerstyl en kan gemaklik of meer formeel gestileer word – vra maar vir die aktrise Olivia Munn.

Eksperimenteer met verskillende hoogtes om nuwe lewe in jou gewone poniestert-styl te blaas. Hiér dra Olivia haar poniestert laag …

… terwyl sy hier ’n hoë, effens gekrulde poniestert gekies het vir ’n meer romantiese voorkoms.

 

5. Verander jou haarpaadjie

Jy kan selfs jou haarstyl nuwe lewe gee deur bloot jou paadjie te verander. Aktrise Sandra Bullock lyk vrolik met ’n kantpaadjie …

Vir ’n meer gesofistikeerde voorkoms het sy ’n middelpaadjie gekies.

 

6. Steek jou hare agter jou ore in

Selfs iets so eenvoudig soos om jou hare agter jou ore in te steek kan ’n verskil aan jou daaglikse haarstyl maak. Die aktrise Lucy Hale dra gewoonlik haar bob los en golwend …

Hiér het sy die boonste deel van haar hare glad gestryk en haar hare agter haar ore ingesteek om haar voorkoms ’n gesofistikeerde en moderne kinkel te gee.

Bronne: www.refinery29.com

Lees nou

Maak die perfekte roereier só

Behandel twee velsorgkwessies gelyk!