bobbi_brown
Ons hou van

Gee méér

Die Amerikaanse grimeerkenner Bobbi Brown glo hoe meer jy gee, hoe meer kry jy terug.

’n Organisasie wat na aan haar hart is, is Dress for Success. Hierdie groep in New York gee aan minderbevoorregte vroue uitrustings en loopbaan-raad om ’n sukses van werkonderhoude te maak.

Bobbi help ook dié vroue om die regte grimeervoorkoms te skep om professioneel te lyk in die werkplek.

“Dress for Success gee vroue die gereedskap en kennis om te lyk soos die mens wat hulle graag wil word,” sê sy.  Bobbi Brown Skin Foundation SPF15 (R340) skep ’n gladde gelaat wat jou ekstra selfvertroue gee.