FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Ons hou van

Gee ’n glimlag vir Kersfees

Die aanlyn-skoonheidswinkel rubybox.co.za span vanjaar kragte saam met die Smile Foundation om Kersfees op te kikker vir kinders met gesigkwale.

Jý kan help deur ’n foto van jou mooiste glimlag op die rubybox Spread the Smiles Facebook-toepassing (app) te laai. Vir elke foto wat op dié toepassing gelaai word, skenk rubybox R5 aan die Smile Foundation. Meer as 40 mense het tot dusver hul foto opgelaai.

Die toepassing op Facebook.

Die toepassing op Facebook.

Jy het ook die opsie om R10 aan die Smile Foundation te skenk wanneer jy produkte op rubybox.co.za bestel.

Smile Foundation, ’n liefdadigheidsorganisasie, maak dit moontlik dat kinders met gesig-abnormaliteite soos ’n gesplete lip, gesplete verhemelte, asook kinders wat brandwonde opgedoen het, rekonstruktiewe operasies kan kry om hul lewensgehalte te verbeter.

Kliek hier om by te dra. Die veldtog eindig 24 Desember.