Ons hou van

Gekraakte naels: ‘n Nuwe trend!

Jy kan ook nou dié voorkoms naboots met Tip Top NailChic U Crack Me Up (R79,99).

Die twee skakerings, swart en goud, word oor ‘n laag droë, gekleurde naellak aangesit om die gekraakte effek te kry. Soos dit droog word, word ‘n unieke gekraakte voorkoms geskep. Die beste van als is dat jy enige kleur as die onderste laag kan gebruik. Rond die voorkoms af met die Top Flou Coat wat jy saam met dié kopie kry.

*Tip Top NailChic U Crack Me Up sal vanaf Junie eksklusief by Clicks beskikbaar wees.