Ons hou van

Geskenk-idee van die dag

Jy wil graag die perfekte Kersgeskenke vir jou geliefdes gee, maar waar begin jy soek na idees? Jy hoef nie te ver te soek nie – SARIE se skoonheidspan deel ons top-idees.

nr 10Coco Chanel se heel eerste parfuum was Chanel No. 5. Dié ikoniese geur word vasgevang in drie produkreekse.

Chanel No. 5 The Bath-reeks bestaan uit No. 5 Foaming Bath (R605), No. 5 Cleansing Cream (R570) en No. 5 Bath Soap (R325).

As jou geliefdes nie mal is oor badprodukte nie, kan jy altyd geskenke kies uit die Chanel No. 5 The Body-reeks: No. 5 Body Lotion (R670) en No. 5 Deodorant (R540).

Die derde reeks is The Senses-reeks. Dít bestaan uit No. 5 Hair Mist (R580) en No. 5 Intense Bath Oil (R970), wat slegs vir ‘n beperkte tyd beskikbaar is. Koop dié geskenke by uitsoektakke van Edgars.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf