geskenke
Ons hou van

Geskenk-idee van die dag

Het jy al jou Kersboom opgeslaan en met jou Kersinkopies begin? Die skoonheidspan maak geskenke koop dié maand makliker en deel elke dag ’n oulike idee met jou.

nr 2Nails inc se Crackers Collection Gift Box (R385, by Edgars en Red Square) is ’n stel van ses Kersfeesklappers in wit, swart en silwer. In elke klapper is ’n botteltjie naellak in een van ses feestelike skakerings.

Die Nails inc Nail Polish Diary Collection Gift Set (R495, by Edgars en Red Square) bevat naellakke in 12 verskillende skakerings – een vir elke maand van die jaar.