geskenke
Ons hou van

Geskenk-idee van die dag

Almal is dié maand in rep en roer – dis Kersfees en geskenke moet gekoop word! SARIE se skoonheidspan deel vandag ons derde geskenk-idee vir die feesseisoen. Hou SARIE.com dop vir nog idees

nommer 3ghd se Wonderland-reeks is beskikbaar in koel skakerings van blou en lila. Dié kleure reflekteer met ’n holeografiese (holographic) effek op die oppervlak van die stileertoestelle. Die Wonderland-stileeryster (R2 380), die ghd V Classic Professional Styler, kan jou hare reguit, golwend of gekrul maak.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

 

 

Die yster kom saam met ’n sakkie, ’n hittebestande matjie waarop jy die yster neersit terwyl dit warm is en knippe waarmee jy jou hare in seksies kan verdeel. Jy kan ook die stel met die yster én ’n haardroër koop (R2 899). Koop die ghd Wonderland-reeks by enige ghd-goedgekeurde salon terwyl voorraad beskikbaar is.

 

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf