geskenke
Ons hou van

Geskenk-idee van die dag

Vorder jou Kersfees-inkopies? Indien nie, hier is nog ’n idee. Maak seker jy loer gereeld op SARIE.com vir meer van ons oulike geskenk-idees!

nommer 4Perfekte wenkbroue as ’n geskenk? Dis moontlik met die Tweezerman Brow Beauty Duo (R275 by Dis-Chem). Dié geskenk is ’n stel bestaande uit die Mini Slant Tweezer, klein genoeg vir jou grimeersakkie, en ’n handspieëltjie, albei versier met ’n sebra-patroon. Die Mini Slant is ’n kleiner weergawe van die bekroonde Slant Tweezer. Dié haartangetjie se punte is spesiaal ontwikkel sodat jy daardie parmantige wenkbrouhaar maklik kan pluk. Boonop gee die sebra-motief dit tekstuur vir ‘n stewige greep wanneer jy dit vashou.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram