Ons hou van

Geskenk-idee van die dag

Dis Desember en die feesseisoen het amptelik afgeskop! Dis tyd om jou Kersboom op te slaan, Kersinkopies te doen en geskenke op te maak. Die skoonheidspan deel dié maand elke dag ‘n oulike geskenk-idee met jou.   

geskenkidee nr 1Smashbox Wonder Vision Eye Set in Sparks Coffret Yeux (R500) bevat alles wat jy nodig het vir die perfekte partytjie-grimeervoorkoms: ’n palet met ses skakerings oogskadu (sommige met ‘n mat-afwerking, ander met ‘n tikkie glans), die Limitless Eye Liner in Onyx en Full Exposure Mascara.

Dié geskenkpak is te kry by uitsoektakke van Woolworths, Foschini, Edgars en Red Square tot einde Desember. Kies uit ‘n goue palet (Sparks) of ‘n palet in metaalskakerings van blou en bruin (Flash).