geskenke
Ons hou van

Geskenk-idee van die dag

Van lyfprodukte tot grimering … die skoonheidswêreld bied ’n magdom geskenke wat jy dié Kersfees kan koop. SARIE se skoonheidspan deel ’n paar geskenk-idees.

nommer 8Kies uit vier geskenkstelle van Stila. Ons gunsteling is die Masterpiece Series & Cheek Palette (R340). Dis ’n boksstel met drie verskillende grimeerpalette. Elke palet bestaan uit vyf skakerings oogskadu en een skakering blosser. Jy kry dus 15 oogskadu’s en drie blossers in die boksstel.

FOTO: verskafNie net lyk elke palet soos ‘n klein boekie nie, die stel kom ook met ’n boekie vol grimeerwenke.

Jy kan ook die Colour Me Glossy Lip Glaze Set (R250), ‘n stel van nege verskillende skakerings lipglanse, Colour Outside the Lines Smudge Stick Waterproof Eye Liner Set (R375), ‘n stel van vyf verskillende skakerings oogomlyner, of die Best of Kitten Set (R450) probeer.

Stila Best of Kitten Set (R450). FOTO: verskaf

 

 

Laasgenoemde bestaan uit oogskadu, lipglans, ’n grimeerpotlood wat as basislaag, omlyner én smudge-potlood dien, en ’n vloeibare verligter in Stila se ikoniese Kitten-skakering – ’n glansryke goudpienk.

 

nommer 9Lyfprodukte is ‘n heerlike bederf. Dit kan boonop ’n prettige geskenk wees met The Body Shop se Ginger Bread House Gift Set (R199). Ginger Sparkle Body Butter (50 ml), Ginger Sparkle Shower Gel (60 ml), Cranberry Joy Body Butter (50 ml), Cranberry Joy Shower Gel (60 ml) en die gemmerkoekhuisie waarin dit verpak is, is feestelik, vars en pret. Die geskenkpak sluit ’n badsponsie (loofah) in.

FOTO: Spree.co.za

FOTO: spree.co.za

As jy dié geskenk aanlyn by www.spree.com koop, gaan die inkomste na die School House Campaign om te help om ‘n kleuterskool, die Gingersnap Playschool, in Saron, ‘n dorpie in die Wes-Kaap te bou.