Ons hou van

Geskenk-idee van die dag

Kersgeskenke is gewoonlik ’n uitdaging – jy kry nie tyd om winkels toe te gaan nie, die winkels is besig en dan moet jy nog besluit wat jy vir elke familielid gaan koop! SARIE se skoonheidspan maak Kersfees maklik met ons gunsteling-idees!

IMG_4150Enige vrou – jonk én oud – se grimeertassie kan baat vind by goeie grimeerborsels. En hoe groter die versameling, hoe beter.

Dié dat die Audrey Brush Set (R349 by Forever New) die ideale Kersgeskenk is. Die stel bestaan uit nege verskillende grimeerborsels waarmee jy jou natuurlike voorkoms kan definieer, beklemtoon en grimering kan skakeer (blend).

Als wat jy van grimeerborsels moet weet

Boonop kom die grimeerborsels in ’n handige sakkie wat soos ’n beursie lyk. Só is jou grimeertassie altyd georganiseer én maklik om mee te reis! Die grimeerborsels is beskikbaar in ’n bypassende swart of ’n ivoorkleurige sakkie.