FOTO: Dior

FOTO: Dior

Ons hou van

Geskenke-bederf vir skoonheidsliefhebbers

Dis bederftyd! Kies een van dié skoonheidsgeskenke vir jou Kerskous.

Praat honde-taal

1.Perfek vir grimeringliefhebbers! Die kleurryke Smashbox Best Seller Set (R450) bestaan uit ’n basislaag, maskara, wenkbrou-palet én ’n lipglans

Smashbox YagoBestsellers_sRGB

Smashbox Best Seller Set

2.Die Vinolia Gift Pack (R100) is propvol badtyd-bederf en kom in ’n gerieflike bêre-blikkie

Vinolia Gift Pack

Vinolia Gift Pack

3.Groentee-blare is propvol antioksidante. The Body Shop Fuji Green Tea Ultimate Collection (R650) bevat verskeie lyfsorgprodukte om jou vel ná ’n lang jaar te voed en bevog

Body Shop FUJI GREEN TEA DELUXE R650 (2)

The Body Shop Fuji Green Tea Ultimate Collection

4.Dié Kerstyd spog die potjie van Kiehl’s Creme de Corps Soy Milk & Honey Whipped Body Butter (R685) – ’n lyfroom wat vinnig absorbeer en intens bevog – met ’n speelse ontwerp deur die Amerikaanse kunstenaar Peter Max

Kiehls_DMI_PeterMax_CDC_Whipped_AltAngle

Kiehl’s Creme de Corps Soy Milk & Honey Whipped Body Butter

5.Dié elegante adventkalender bevat toetsbotteljies van tien van Babor se spogprodukte om jou vel te vernuwe – Babor 2015 Advent Calendar (R1 350 vir 24 x 2 ml-ampules)

Babor Adventskalender stehend_2015_300

Babor 2015 Advent Calendar

6.Stryk jou hare in een strook glad sonder om dit te beskadig met die ghd Arctic Gold Platinum Gift Set (R2 999), wat vir Kersfees met ’n elegante wit ontwerp pronk. By uitsoeksalonne

ghd platinum®  with box LR

ghd Arctic Gold Platinum Gift Set

Troufoto’s: Leandie du Randt en Bouwer Bosch

7.Maroela-olie in dié splinternuwe luukse haarsorgreeks gee droë hare ’n vog-inspuiting – Paul Mitchell Marula Oil Stylist Kit (R1 365). By uitsoeksalonne

paul mitchell marula oil gift set

Paul Mitchell Marula Oil Stylist Kit

8.Tooi jou naels in rooi en silwer met Sorbet Merry & Bright Bag Set (R99). By Clicks

sorbet gift set

Sorbet Merry & Bright Bag Set

9.Wakker jou partytjiegees aan met dié vrolike bêre-blikkie met vier ster-grimeerprodukte – Benefit Get Your Party On! (R585). By uitsoekwinkels van Edgars

benefit get your party on gift set

Benefit Get Your Party On!

10.Rooibos bevat verskeie antioksidante wat help om tekens van verouderinge teen te werk. Kikker jou velsorgroetine op met African Extracts Rooibos Daily Face Care (R139). By Dis-Chem

Daily_Face-Care-gift2 - Dis-chem

African Extracts Rooibos Daily Face Care

11.Dior se Kers-grimeerreeks, Dior State of Gold Holiday Collection, spog vanjaar met onder meer naellak, oogskadu en lipstiffie in skakerings van dieprooi, pienk en goud. Pryse vanaf R390. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd

dior holiday collection 2015

Dior State of Gold Holiday Collection FOTO: Dior

12.Gekonsentreerde jasmyn is gekombineer met muskus, amber, sandelhout en patsjoelie vir ’n soet en verleidelike geur in Narciso Rodriguez L’Absolu For Her Gift Set (R1 235 vir 50 ml EDP). Die geskenkpak sluit boonop ’n gegeurde stortjel en lyfroom in

NR Xmas 2015 - l'absolu 50ml + BC 50ml + SG 50ml_RVB Web_2000px_300dpi

Narciso Rodriguez L’Absolu For Her Gift Set

*Alle geskenkpakke is vir ’n beperkte tyd beskikbaar

Reese Witherspoon bring Barbie na die grootskerm