perfumes_
Ons hou van

Geur-gunstelinge nou in boekvorm

Luca Turin en Tania Sanchez deel hul gunsteling 100 klassieke parfuums met jou. Die lekker hiervan is dat jy, saam met die beskrywing van elke parfuum se samestelling, ‘n wonderlike storie agter elkeen kry.

Hul keuses sluit alles van bekende gunstelinge soos Clinique se Aromatics Elixir, Gucci Envy, Davidoff Cool Water, Dior Poison, Yves Saint Laurent Opium en Chanel No.5, tot name wat jy nog nooit vantevore gehoor het nie, in.

Daar is agter in dié boekie ook ‘n handige gids van terme wat mens gereeld hoor, maar nie noodwendig weet wat dit beteken nie.

  • Elizabeth

    Klink na ‘n oulike "stocking-filler"! Ek hou van iets wat ‘n storie agter ‘n storie vertel, so dit klink oulik.