Ons hou van

Waag met donker houtgeure

Probeer Jo Malone se nuwe Kohdo Wood-versameling. Dit bestaan uit 2 geure wat jou “ligte” en “donker” kant vier en is geskep om saam gedra te word: Lotus Blossom & Water Lily en Dark Amber & Ginger Cologne (R520 elk vir 30 ml).

Het jy geweet?

■ Daar is meer as 2 000 bestanddele waaruit ‘n parfumeur kan kies.

■ Een geur kan meer as ‘n 100 bestanddele bevat. Dit neem gemiddeld sowat 12 tot 18 maande en honderde proeflopies om ‘n parfuum se formule te vervolmaak.

■ Bestanddele vir parfuum word van plante, blomme, bome, speserye en sitrusvrugte ontgin. Dierprodukte word glad nie meer gebruik nie en is vervang met sintetiese molekules.

■ “Headspace”-tegnologie wat in die 1970’s vervolmaak is, maak dit moontlik om enige geur na te maak.

■ Ons dra parfuum om ‘n indruk te skep, ‘n bui te weerspieël of om onthou te word.