Ons hou van

Geurige gesigwas

Dié nuwe reeks se MicroClear-tegnologie – ’n formule wat olie oplos en steeds lank nadat jy jou gesig gewas het diep in die porieë te werk gaan – beveg puisies en swartkoppies terwyl die pienkpomelo-ekstrakte en vitamien C jou vel skoon en vars laat voel.

Die heerlike geur van dié produk hou nóg ’n voordeel in. Studies deur dr. Alan Hirsch by die Smell & Taste Treatment and Research Foundation in Chicago het gewys die geur van pienk pomelo laat mans vroue gemiddeld ses jaar jonger skat as wat hulle werklik is.

Die reeks bestaan uit Neutrogena Visibly Clear Pink Grapefruit Facial Wash en Neutrogena Visibly Clear Pink Grapefruit Daily Scrub (R74,95 elk) en sal vanaf 18 Mei beskikbaar wees.

  • eve uit engeland

    ek gebruik dit al ongeveer ‘n jaar lank en koop sommer ‘n paar wanneer dit op ‘special’ is!
    wonderlike verfrissend en laat jou vel skoon voel en ruik vreeslik lekker.