ww_beauty_fresh_delights_range_group_shot
Ons hou van

Geurige kombinasies

Fresh Delights is ’n fees van interessante geur-kombinasiesavokado en sesamolie, pronk-ertjie en jasmyn, klapper en lemmetjie, en vars water en lotus – wat nie net lekker ruik nie, maar sag en strelend met jou vel werk. Boonop is die pryse nog billik ook!

Dié reeks bestaan uit ’n handeseep (R14,95), handeroom (R19,95), stortjel en handeseep (R22,50), en ’n skuimbad en lyfbotter (R27,50 elk).

Jy kan ook uitsien na ’n wonderlike nuwe geur, karamel en room, wat volgende winter beskikbaar sal wees. 

*Woolworths Fresh Delights sal vanaf 15 September by alle Woolworths-takke beskikbaar wees.