FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Ons hou van

Gewilde mansgeur kry ’n nuwe, beperkte baadjie

Bergamot, pomelo, pienkpeper, kaneelblaar, saffraan, tabakblare en wit leer is van die note wat Viktor & Rolf se mansgeur, Spicebomb (R1 050 vir 90 ml EDT), besonders maak. Nou het Viktor & Rolf ’n nuwe beperkte uitgawe, Spicebomb Titan. Dié beperkte geur se blink, nuwe baadjie maak dit uniek.

Viktor & Rolf se vroulike geur, Flowerbomb, is nou beskikbaar in ’n hervulbare bottel!

Titan is verpak in ’n manlike, metaalagtige bottel. Dié bottel is anders as die gewone Spicebomb s’n, want dit lyk of dit van ‘n metaal soos platinum of titanium gemaak is en blink byna soos ‘n spieël. Volgens Viktor & Rolf bring hulle die beperkte Titan uit om Spicebomb se eerste verjaardag te vier.

Die geur, wat in 2012 die wêreld betree het, het vroeër vanjaar by die Britse FiFi-toekennings – die Oscars van die parfuumwêreld – in drie kategorieë met die prys weggestap. Lees meer oor Spicebomb se pryse by die FiFi-toekennings

*Eksklusief by Stuttafords