water_for_elephants3
Ons hou van

Glansryke vintage grimering

Haar geheime bewonderaar in die storie word gespeel deur Robert Pattinson (van Twilight-faam).

Hoewel die fliek in die 30’s afspeel, is Reese se voorkoms sjiek en modern.

Volg dié raad om ‘n vintage voorkoms maklik na te boots:

  • ’n Porseleinagtige vel is die doek vir dié voorkoms. Gesigpoeier in ’n ivoorkleur was in die 30’s baie gewild.
  • Gee jou wange ’n gesonde gloed met pienk blosser.
  • Maskara is ’n MOET vir dié voorkoms, maar ignoreer jou onderste wimpers. Wend baie maskara op jou boonste wimpers aan. As jy braaf genoeg is, kan jy selfs vals wimpers probeer.
  • Dramatiese oogskadu was in die 30’s baie in, maar Reese se voorkoms kry nou ’n moderne gevoel met ligte, natuurlike skakerings.
  • Rooi, rooi en meer rooi vir jou lippe is noodsaaklik vir dié voorkoms. Moet jouself nie beperk nie – ja, jy kán rooi lipstif dra –  en kies ’n skakering van rooi wat by jou gelaat pas.
  • In die 30’s was dit mode om die punte van jou naels wit te los en die res van die nael te verf. Dié gier word ook in die fliek nageboots. Probeer ’n donkerrooi naellak om Reese se voorkoms te kry.
  • Die vingergolf (finger wave) was vanjaar ’n gunsteling by die Oscars (dink veral aan Mila Kunis). Maak jou vingergolf modern deur jou hare los en natuurlik te dra.