michelle_dockery_goldenglobeslr
Ons hou van

Goue hare- en grimeertrends by die Golden Globes

1. As jy lang hare het en dit korter wil dra sonder om dit te sny, probeer dié styl van die Downton Abbey-aktrise Michelle Dockery. Sy het haar hare laat opsteek om ‘n faux bob te skep. Dié styl was perfek om nie die aandag van die pragtige goue detail op haar rok af te trek nie. (foto bo)

2. Naomi Watts se retro- opgekamde styl herinner aan ou Hollywood en is altyd ‘n wenner op die rooi tapyt.

FOTO: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES

Naomi Watts

3. Die country-sangeres Taylor Swift is benoem vir haar liedjie Safe & Sound in die fliek The Hunger Games. Sy het ook ‘n retro-haarstyl gedra, maar dit ‘n moderne kinkel gegee deur haar kuif skuins vas te steek.

FOTO: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES

Taylor Swift

4. Sagte, los krulle is dié somer ‘n moet-hê en Claire Danes het dit glansryk laat lyk op die rooi tapyt. Blaas jou hare droog en draai Velcro-krullers in. Wag dat jou hare afkoel en haal dan die krullers uit om dié voorkoms te kry.

FOTO: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES

Claire Danes

5. Wie sê daar mag nie ’n bietjie speelsheid op die rooi tapyt wees nie? Jennifer Lawrence, wenner van die Golden Globe-toekenning vir beste aktrise vir haar rol in The Silver Linings Playbook, se prettige, los opgekamde styl het haar jonk én stylvol laat lyk. Sy is immers 22 jaar oud! Maak ‘n paar los vlegsels voor jy jou hare in ‘n lae, los bolla maak vir dié voorkoms.

FOTO: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES

Jennifer Lawrence

  • Nadine van Staden

    Jennifer Lawrence se hare is my gunsteling. Dis klassiek met ‘n tikkie modern, sag en vroulik.