Ons hou van

Goue grimering by Cannes

Dié skoonheidshuis is vir die 14de opeenvolgende jaar die amptelike grimeerkunstenaar by die fees, en vanjaar maak hulle bekendes op die rooi tapyt nog méér glansryk as voorheen!

Vanjaar het L’Oréal drie grimeerkunstenaars – Karim Rahman, Billy B en Rie Omoto –  ingespan om ‘n unieke voorkoms vir elk van die celeb-woordvoerders te skep. En dié jaar lyk dit of Midas ook ‘n draai gemaak het, want goud is “in”!

“Goud is vleiend; dit weerkaats lig op só ‘n manier dat dit jou onmiddellik stralend en glansryk laat lyk. Dit behoort as tydloos en klassiek beskou te word”, sê Billy B.

[box:full:grey:both] DRA GOUD SÓ

Vanjaar se drie L’Oréal-grimeerkunstenaars deel hul gunsteling- goue voorkoms:

  • Karim Rahman se voorkoms: Wend ‘n goue oogskadu aan en gebruik ‘n fuchsia blosser op jou wange wat strek van die holte van jou wang tot bo jou wenkbrou. Rond die voorkoms af met swart oogomlyner en ‘n naakkleurige (nude) lipstiffie.
  • Billy B: Gebruik ligte skakerings van goud op jou oë, wange en by jou onderste wimpers. Rond die voorkoms af met ‘n swart (of selfs pers) oogomlyner en bloedrooi lipstiffie.
  • Rie Omoto: Gebruik goud om sekere gelaatstrekke te beklemtoon, en nie as ‘n kleur self nie. ‘n Goeie kombinasie van goud en ander kleure kan jou grimering dramaties en gesofistikeerd laat lyk.

[/box]

Dié voorkomste gaan geskep word met grimering van hul nuutste, goue reeks wat by die Cannes-fees bekend gestel word: L’Or L’Or L’Or. Die reeks is spesiaal ontwerp vir dié drie grimeerkunstenaars en die voorkomste wat hulle vir elke woordvoerder gemaak het.

L’Or L’Or L’Or bestaan uit lipstiffies, oogskadu’s en naellak in metaalskakerings met goue pigmente. Dit sal jóú ook soos ‘n gereelde op die rooi tapyt laat lyk.

[box:full:grey:both]

L’Oréal se 14 jaar by Cannes

Ná 14 jaar as amptelike grimeerkunstenaar by Cannes kan L’Oréal spog met dié prestasies:

  • 168 L’Oréal-woordvoerders het hier op die rooi tapyt verskyn
  • Bekendes is deur 196 grimeerkunstenaars mooigemaak
  • 18 200 gesigte is deur L’Oréal opgemaak!
  • Haarstyle is in plek gehou met 5 726 houers Elnett-haarsproei
  • 2 030 buisies maskara is gebruik om intense, smeulende oë te maak

[/box]

* Die nuwe L’Or L’Or L’Or-reeks word vanaf September wêreldwyd uitgereik.