FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Ons hou van

Grimeer vir die rooi tapyt

Selfs wanneer musieksterre interessante en ongewone uitrustings dra, lyk hul grimering gewoonlik steeds glansryk en mooi. By gisteraand se MTV European Music Awards (EMA’s) in Amsterdam het die sterre die rooi tapyt met van dié jaar se gewildste grimeervoorkomste betree.

Daar was twee skakerings lipstiffie wat veral gewild was – ’n waaghalsige rooi en ’n natuurlike pienk!

Katy Perry en die tennisspeler Victoria Azarenka (wat met LMFAO se Redfoo uitgaan) het die aandag getrek met hul helderrooi lippe. Albei het ook naellak in dieselfde skakering as hul lipstiffie gedra.

Kry Katy Perry se EMA-voorkoms só

Sterre wat met ’n natuurlike skakering van pienk geskitter het, was die “Burn”-sangeres Ellie Goulding en Miley Cyrus.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Hou jou ooggrimering lig en natuurlik by hierdie skakerings lipstiffie. Vir ’n bietjie meer drama kan jy ’n rokerige oog probeer by jou jaareindpartytjies en Kersfeesgeleenthede. Rond jou voorkoms af met stylvolle haarbykomstighede, soos Katy se blink en bont haarband. Dit lyk veral mooi by glansryke krulle.

Waarvan hou jy meer – pienk of rooi lipstiffie?