FOTO: Instagram (@maccosmetics)

FOTO: Instagram (@maccosmetics)

Ons hou van

Grimeerkenners verklap! 5 top-grimeerwenke

Hulle kén van onderlaag foutloos aanwend en van welige wimpers skep. Die skoonheidsbedryf se voorste kenners – internasionaal en plaaslik – het die afgelope jaar hul beste grimeerwenke aan SARIE se skoonheidsredakteur Charis van den Heever onthul. Nou kan jy ook deel in hul geheime…

Hierdie foto breek die internet… – lees meer!

Goue reël: eers oogskadu

Wend eers al jou ooggrimering aan vóór enige van jou ander grimering (tik net vooraf ’n bietjie verbloemer op jou ooglede), dan kan jy die oogskadu-poeiermerke skoonmaak voor jy jou onderlaag aanwend. Daar’s niks so erg soos om 99% klaar te wees met jou grimering en dan val daar poeier op jou wange wat merke los wanneer jy dit wegvee.

– Kirsten Maarschalk, grimeerkunstenaar van African Sales, ’n maatskappy wat parfuum en skoonheidsprodukte versprei

via GIPHY

Subtiele glans vir oë

Vir ’n glansryke aandvoorkoms, wend swart oogomlyner op jou onderste wimperlyn aan, smeer (smudge) dit met ’n borseltjie en wend ’n romerige pienk oogskadu bo-oor aan. Die pienk oogskadu versag die swart lyntjie en gee subtiele glans.

– Baltasar González Pinel, grimeerdirekteur van M.A.C in Europa, die Midde-Ooste en Afrika

Langer kleur op jou lippe

Verskeie grimeerkenners se raad vir helder lippe is om eers jou hele lip met ’n lippotlood in byvoorbeeld pienk, rooi, of oranje in te kleur voordat jy jou lipstiffie in dieselfde skakering aanwend. Dís rooitapyt-lippe met kleur wat baie langer hou.

Bepaal só jou vel se natuurlike ondertoon

Nuwe manier met blosser

As jy blosser in ’n sirkel op die appels van jou wange aanwend, lyk dit soms té perfek. Vee eerder ’n ronde blosserborsel oor jou blosser, skud die oortollige produk van die borsel af en skakeer dit van jou wangbene af na onder op die deel waar jy wil bloos met kort hale vir ’n natuurlike gesonde voorkoms.

– Matthew Tyler, direkteur van opleiding van Tom Ford in Europa, die Midde-Ooste en Afrika

via GIPHY

Vir voller wenkbroue

Baie volume vir wenkbroue is nou in die kol. Kam jou wenkbroue skuins na bo met ’n borseltjie nadat jy dit in gekleur het. Dit sal baie voller lyk.

– Will Malherbe, internasionale opleidingsbestuurder van Smashbox

Sjef Jan Hendrik van der Westhuizen skitter