sylvie_hurford_vir_l_or_al
Ons hou van

Grimering in ‘n flits!

Gemaklik deur die dag:

  • Berei jou vel voor deur eers ‘n goeie vogroom aan te wend. Skep ‘n egalige veltoon met ‘n bietjie onderlaag en ‘n ligte gesigpoeier.
  • Netjiese, gedefinieerde wenkbroue skep die illusie van ‘n afgeronde voorkoms sonder té veel moeite. Kam jou wenkbroue met ‘n oogborseltjie en vul dit in met ‘n ligte wenkbroupoeier of oogpotlood.
  • Wend ‘n perske-kleurige blosser aan die appels van jou wange vir ‘n gesonde gloed.
  • Los eers die oogomlyner en oorlaai jou wimpers met maskara.
  • Rond jou voorkoms af met ‘n mooi lipglans in ‘n neutrale skakering.

Glansryk vir die aand:

  • Haal eers al jou grimering van die dag af en begin met ‘n onderlaag soos L’Oréal Visible Lift, wat jou vel weer lewe gee ná ‘n lang dag.
  • Begin deur swart of donkerbruin oogomlyner om jou hele oog aan te wend. Klad dit met ‘n wattestokkie om dit te versag en wend dan ‘n donker oogskadu oor die oogomlyner aan vir ‘n rokerige voorkoms.
  • Wend ‘n ligte oogskadu op jou hele oogbank aan, en smeer ‘n donker oogskadu oor jou ooglid.
  • Gebruik weer baie maskara.
  • Gee jou wange ekstra glans deur ‘n blinkerige blosser op die hoogste deel van jou wangbene te sit en ‘n donkerder blosser net daaronder.
  • Rond dié voorkoms af met ‘n neutrale lipstiffie en lipglans.