Anna-Mart van der Merwe verskyn in 2007 op SARIE se voor- blad met haar grys hare
FOTO Leana Clunies-Ross

Anna-Mart van der Merwe verskyn in 2007 op SARIE se voor- blad met haar grys hare FOTO Leana Clunies-Ross

Ons hou van

Grys – nog nooit só sexy!

Vergeet van rooi, blond en goudbruin. Grys is nou jou trotse moet-hê-kleur.

Laat groei jou natuurlike grys hare só uit:

Doen dit só

Dis ’n baie eenvoudiger proses om grys hare te laat uitgroei as wat vroue dink, sê Boyd Meilhon,meester-stilis en opleier van die haarsalon-groep Carlton Hair International.

“Dit maak nie saak of jou hare lank of kort, 90% of 50% grys is nie, die proses bly dieselfde: Ek kyk na jou natuurlike haarkleur by die wortels en kleur dan die res van jou hare effens ligter na gelang van hoe grys jy is. Daarna sit ek grys strepies in. Hoe gryser jy is, hoe meer strepies. Op dié manier lyk jou hare natuurlik terwyl jy dit laat uitgroei.”

Hoe versorg jy dit?

1 Die tekstuur van natuurlike grys hare is geneig om growwer te wees. Wend ’n bietjie haarolie aan jou hare nadat jy dit gestileer het om dit te voed en gladder te laat lyk.

2 Die haarsnit wat jy kies, is baie belangrik, want kies jy
die verkeerde styl saam met grys hare kan dit maklik outyds lyk. ’n Korter, moderne snit met sterk lyne soos ’n bob of selfs ’n vol, reguit kuif werk goed.

3 Besoek maandeliks ’n haarsalon vir ’n bevogtigende behandeling.

krywer Joan Didion verskyn op 80, met haar natuurlike grys hare, in ’n advertensie-veldtog vir die Franse modehuis Céline

Skrywer Joan Didion verskyn op 80, met haar natuurlike grys hare, in ’n advertensie-veldtog vir die Franse modehuis Céline