Morena Baccarin FOTO: Instagram

Morena Baccarin FOTO: Instagram

Ons hou van

Gunsteling-skoonheid by die SAG-toekennings

Die rooitapyt-seisoen in Hollywood is in volle gang en ons het dié keer die bekendes se voorkomste dopgehou by Saterdag se Screen Actors Guild (SAG)-toekennings. Hier is die grootste trends van dié aand:

Sagte opstyle

Daar was ‘n groot verskeidenheid haarstyle by die Golden Globes, maar by die SAG-toekennings was sagte haarstyle, veral ‘n opgekamde styl, loshande die gunsteling. Aktrises soos Cate Blanchett (Blue Jasmine), Malin Akerman, Morena Baccarin (Homeland) en Elisabeth Röhm (American Hustle) is van dié wat gekies het om hul hare losweg op te dra. Die geheim is om eers golwe in jou hare te skep vóór jy die opstyl maak om dit volume en tekstuur te gee.

Skep natuurlike golwe of glanskrulle met jou stileeryster

Pienk, pienk, pienk

Pienk grimering was dié gunsteling-kleur van die aand, veral op die lippe. Bekendes soos Kerry Washington (The Fixer), Kelly Osbourne en Cate Blanchett het pienk lippe gehad met pienk blosser en selfs, soos in Cate se geval, pienk oogskadu. Ander aktrises soos Claire Danes (Homeland) en Lupita Nyong’o (12 Years a Slave) het hul pienk lipstiffie met blou oogskadu gekombineer om by hul blou rokke te pas.

Oscar-benoemings verras

Ander rooitapyt-gunstelinge:

  • Helder lippe (rooi en oranje)
  • Lang hare met retro-krulle of sagte golwe
  • Nude naels

SAG-toekennings: Die inspirasie-rokke