FOTO: Phyllis Green

Ons hou van

Haardilemmas opgelos: 3 bekendes deel hul wenke

Dit maak nie saak of jy dik, fyn, baie, min, reguit óf krulhare het nie – elke haartipe het sy eie probleme! SARIE.com het drie plaaslike bekendes met verkillende haartipes genader om elkeen se top-3 haarwenke te kry:

Haartipe 1: Baie krullerig, moeilik om te stileer

Elke vrou met krulhare weet dis nie ’n maklike taak om dit in toom te hou nie. Janine Hofmeyr vertel hoe sy haar krulle op hul mooiste laat lyk:

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Wenk 1: Kam jou hare wanneer dit klam is, gooi jou kop vooroor en sit lekker baie mousse aan.
Wenk 2: Blaas dan jou hare droog met ’n haardroër. Onthou om ’n diffuser aan die haardroër te sit vóór jy droogblaas.
Wenk 3: My grootste wenk? Geduld, geduld, geduld!

Agter die skerms by Steve en Janine se Maart voorblad-fotosessie

Haartipe 2: Dik hare, moeilik om te stileer

As jy ’n medium- tot growwe haartekstuur het en ook baie hare op jou kop het, kan jy sukkel om enige stilering te laat hou. Amalia Uys deel haar stileerwenke:

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Wenk 1: Sorg dat jy jou sjampoe en opknapper goed uitspoel. Dit maak ’n groot verskil! Ek vind dit ook beter om my hare in die stort te was en nié in die bad nie.
Wenk 2: ’n Produk wat jou hare beskerm teen hitte wanneer jy stileer, is ’n moet.
Wenk 3: Ek gaan vir ’n salonbehandeling wat sorg dat my hare vir ’n paar maande reguit bly. Dit vergemaklik stilering en halveer die tyd wat ek daaraan bestee.

Amalia binnekort in Binnelanders te sien

Haartipe 3: Fyn hare, sukkel om volume te skep

Fyn hare val dikwels plat en sukkel ook om ’n styl te hou. Desiré Gardner het raad:

Desiré Gardner

FOTO: Verskaf

Wenk 1: Ek verkies dikwels om my hare krullerig pleks van reguit te dra omdat dit ’n voller voorkoms gee. Gelukkig het my hare ’n natuurlike krul!
Wenk 2: ’n Kuif skep beslis die illusie van dikker hare. Maak net seker dit is ’n vol kuif en nie ’n dun een nie.
Wenk 3: Die regte produkte kan wondere verrig. Probeer veral ’n goeie haarsproei wat jy by jou haarwortels kan spuit om volume te skep én jou styl in plek hou.

Desiré Gardner en Reynardt Hugo maak dramaskool oop

Het jy gehoor?

Die L’Oréal Elnett haarsproei-reeks is al sedert 1962 ’n gunsteling onder haarkappers en stileerders wat by modeweke werk en word beskou as ’n kultus-produk. Hulle het nou ook ’n splinternuwe reeks produkte wat jou hare beskerm teen hitte-stilering! Die L’Oréal Elnett Satin Heat Sprays (R75 elk) beskerm nie net jou hare teen hitte nie, maar hou ook jou styl vir tot 3 dae netjies. Daar is boonop een vir elke haarstyl: Reguit, gekrul en met volume.

Elnett Group