FOTO Instagram (@selenagomez)

FOTO Instagram (@selenagomez)

Ons hou van

5 haarkleur-trends om na uit te sien

Soos die einde van die winter nader, raak ons al hoe meer opgewonde oor die warmer maande. Begin solank beplan aan jou lente-oormaaksessie met dié vyf haarkleur-trends wat die komende seisoen groot gaan wees.

1. Platinumblond

Dié witblonde haarkleur is een van die grootste giere vir somer. Die skakering is gewaagd en pas die beste by ’n ligte gelaatskleur met ’n koel of pienk ondertoon.

Ster-inspirasie: Aktrise Jennifer Lawrence

 

2. Roosgoud-rooi

Ons is mal oor dié romantiese rooi skakering vir die somer. Dis ’n goeie kleur om te probeer as jy ’n brunet is wat met ligter haarskakerings wil eksperimenteer.

Ster-inspirasie: Aktrise Emma Roberts

 

3. Bruin balayage

Met die balayage-tegniek word ligstrepies met die vry hand op jou hare “aangeverf”. Die eindresultaat is hare wat lyk of die son dit natuurlik ligter gekleur het. As jy ’n brunet is, moet jy dié haarkleur probeer vir ’n natuurlike multidimensionele voorkoms.

Ster-inspirasie: Sanger Selena Gomez

A photo posted by Selena Gomez (@selenagomez) on

 

4. Romerige blond

As platinumblond net té waaghalsig voel, is ’n romerige blonde haarkleur met wit en goue skakerings ’n goeie opsie vir die warmer maande. Dis lig en vars en pas boonop by die meeste velkleure.

Ster-inspirasie: Aktrise Charlize Theron

 

5. Gesmelte kleur

Gesmelte kleur of colour melting is ’n haarkleur-tegniek wat op jou hare gebruik word sodat dit lyk asof verskillende skakerings kleur by mekaar insmelt. Die boonste deel van jou hare is gewoonlik donkerder en die onderste deel word alles ligter gekleur (byna soos ’n tipe ombré).

Ster-inspirasie: Aktrise Jessica Biel

 

Bronne: www.marieclaire.com, www.harpersbazaar.com, www.elle.com

Lees nou

Dis bewys! Dié bekende het mooiste gesig ter wêreld

7de Laan: Wie’s weg en wie bly?