Ons hou van

Natuurlike skoonheid vir jou hare

Davines se haarprodukreeks maak dit maklik om vir die natuur om te gee, terwyl dit ook jou hare op sy heel beste laat lyk.

Hierdie reeks is spesiaal geformuleer om gekleurde en beskadigde hare te versorg en bevat voedende bestanddele soos sonneblomolie en omega 6.

Respek vir die omgewing en volhoubaarheid is belangrike oorwegings wanneer dié produkte gemaak word. Die vervaardigers het selfs gaan kyk na die oorsprong van die woord “cosmetics”. Dié woord is afgelei van die Griekse woord “kosmos” wat “the correct order of things” beteken.

Hoe het dit begin?

Hierdie suksesverhaal het in 1983 begin toe die Bollati-familie die Davnes Group in Parma, Italië gestig het. Aanvanklik was dit ‘n navorsingslaboratorium wat ‘n dekade later gelei het tot die bekendstelling van die Comfort Zone-velsorgreeks en die Davines-haarsorgreeks.