Fotograaf: Ulrich Knoblauch by Supernova; Model: Roxanne by Boss; Hare en grimering: Bernice Dodd by Infidels

Ons hou van

Wenk: Haarslim in die somerson

Jou hare het in die warmer maande ekstra sorg nodig. Twee kenners deel hul wenke.

Carl Isaacs, haarstilis van Kaapstad

Chloor kan blonde hare groen laat lyk. Wat is die oplossing?
Wend ’n opknapper wat jy in jou hare kan los (leave-in conditioner) aan voordat jy gaan swem en probeer om jou hare af te spoel sodra jy uit die swembad geklim het.

In die warmer weer val hare makliker plat …
Dit gebeur omdat jou kopvel meer sweet. Gebruik ’n sjampoe en opknapper wat spesiaal ontwikkel is om hare meer volume te gee. Vir ekstra woema, blaas jou hare droog met ’n groot ronde borsel teen die wortels. As jy fyn hare het, kan jy dit in lae sny of in ’n tekstuurryke bob vir meer volume.

 

 

 

Sarianne Oosthuizen, handelsmerkbestuurder van Schwarzkopf

Hoe beskerm jy in die somer jou haarkleur?
Probeer om ’n hoed te dra wanneer jy tyd in die son deurbring. Kyk uit vir ’n opknapper wat jy in jou hare kan los (leave-in conditioner) met UV-filters. Dis veral in die somer belangrik om ’n sjampoe en opknapper te gebruik wat ontwikkel is om jou haarkleur te beskerm.

Wat is jou raad vir droë hare?
Wend ’n bevogtigende opknapper aan jou haarpunte en probeer om hitte-stilering te vermy. As jy jou hare met hitte móét stileer, wend eers ’n produk aan wat dit beskerm. Gebruik een keer ’n week ’n haarmasker om jou hare ekstra vog te gee.

Dra ’n hoed!

Beskerm jou hare optimaal teen sonskade deur ‘n hoed te dra wanneer jy in die son speel. Klik om hoede in die SARIE-winkel te koop!