FOTO: SARIE

Ons hou van

4 haarstyle wat groot is dié winter

Herfs is hier en winter om die draai. En ’n nuwe seisoen is altyd ’n goeie verskoning vir ’n nuwe haarstyl. Hier is 4 style wat gróót is dié winter …

Haarkapper en -stilis Janine Kotze het al die hare van bekendes soos Bobby en Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, Riana Nel, Hanna Grobler en Ampie du Preez gedoen. Sy en Rencha, wat saam met haar by Hairtime Studio in Pretoria werk, is ook betrokke by die verhoogproduksie Afrikaans is Groot en menige CD-voorblaaie.

Janine sê dié winter neig almal na ’n warmer voorkoms, maar ook gemaklike, hanteerbare style. Kleurtrends is steeds die ombré-voorkoms én om jou hare warmer te kleur. Langer hare word in lae gesny vir minder moeite en die lang bob, wat verlede jaar al in die mode was, is nou eers groot nuus.

Lees hier hoe om dié haarstyle te kry:

Ombré

As jy onlangs eers die ombré-styl op jou hare gedoen het, is jy reeds reg vir winter. Janine reken dat dié gewilde styl steeds groot gaan wees. “Dit word so ’n klein bietjie opgekikker met ’n paar ligte sonstrepies hier en daar – baie subtiel, maar steeds sigbaar.”

Groot haarkleur-trend: die ombré

Khloe Kardashian FOTO:  @khloekardashian

Khloe Kardashian se ombré-haarstyl
FOTO: Instagram  @khloekardashian

Vanessa Hudgens FOTO: Instagram  @vanessahudgens

Sangeres Vanessa Hudgens se hare is ook ombré gekleur
FOTO: Instagram @vanessahudgens

 Warm kleure

Warmer bruine en rooibruin gaan ook groot wees dié winter. Maar moenie paniekerig raak as jy van jou blonde hare hou nie. Ver-winter dit met ligter bruin strepies in jou blonde kapsel. “Die dieper, ryker kleure gee meer glans aan die hare,” sê Janine.

Emma Stone se warm haarkleur is in die kol vir winter FOTO: Twitter @voguemagazine

Emma Stone se warm haarkleur is in die kol vir winter
FOTO: Twitter @voguemagazine

Bertha le Roux se rooi haarkleur met ligte strepies is perfek vir winter FOTO: SARIE

Bertha le Roux se rooi haarkleur met ligte strepies is perfek vir winter
FOTO: SARIE

Min moeite

“Hare wat minder moeite verg is definitief modieus dié winter,” meen Janine. “Lang hare wat in lagies gesny is, kan lekker los droog geblaas word vir ’n golwende voorkoms.”

Die hoë bolla is ook ’n gerieflike haarstyl. “Dit lyk veral mooi met hoë krae en serpe wat ons in die winter dra.” Ons skoonheidspan wys jou HIER hoe om dié bolla perfek te kry.

Lily Aldridge FOTO: Instagram  @lilyaldridge

Model Lily Aldridge se golwende hare is ook in lae gesny
FOTO: Instagram @lilyaldridge

Melinda Bam se hoë bolla werk ook perfek vir die winter FOTO: Instagram @melindabam

Melinda Bam se hoë bolla werk ook perfek vir die winter
FOTO: Instagram @melindabam

Lang bob

Janine sê die lang bob, soos wat baie bekendes dit nou dra, gaan dié winter ’n gewilde haarstyl wees. Maar nou word dit in lae gesny en die hare is ’n bietjie langer voor as wat dit agter is.

Dit is ’n maklike, min-moeite styl. “Wat ook mooi is met die lang bob, is baie fyn strepies vir meer beweging,” reken Janine.

Minki van der Westhuizen FOTO: Instagram

Minki van der Westhuizen FOTO: Instagram

Kaley Cuoco FOTO: Instagram  @normancook

Kaley Cuoco
FOTO: Instagram @normancook

Die bob: ’n haarstyl vir enige gesig

Wenk

Onthou om jou haarprodukte aan te pas vir die winter. Die koue droog jou hare baie uit, so skaf vogtiger, ryker sjampoe aan en gebruik meer opknapper. Dit sal ook help om te keer dat jou hare staties word.