Ons hou van

Spoggerige hare

Die nuwe borsels het 482 borselhare van verskillende lengtes wat op ‘n unieke manier versprei is. Dié ontwerp help om die druk wat jy uitoefen wanneer jy jou hare borsel te versprei. Só word jou hare makliker ontkoek en word haarverlies verminder.

Daar is drie verskillende kleure wat elk vir ‘n spesifieke haartipe ontwerp is: pienk vir fyn hare, groen vir normale hare, en blou vir dik hare.

Dié Michel Mercier-borsels is van volgende week af teen R149,99 by takke van Dis-Chem, Pick ‘n Pay en Checkers beskikbaar.

  • Carolaine

    Ek is baie bly dat jul raad gegee het oor kroeshare en nie net krulhare nie! Dankie!!