kangol
Ons hou van

Helder grimeerkleure vir winter

Sy beveel aan dat jy dié winter jou grimeerpalet aanvul met helder kleure om jou voorkoms én gemoed te lig.

“Ons sien nou diep skakerings soos mosgroen, bottelgroen en burnt orange – baie soos wat jy in die natuur kry. Dis glad nie roomys-skakerings nie. In die winter dra ons donkerder klere, dikwels ’n swart jas of grys serp, en daarom is dit die ideale geleentheid om jou grimering kleur te gee. Dis ook sielkundig – ons vel is bleker en daarom soek ons kleur,” verduidelik sy.

Belê dus in helderkleurige grimering soos Eyeshadow Powder in Tropical Heat van Kangol (R65).